Student Success – Elsje-Marie Bosch

From Then to Now | Student Success Story

“In my twee jaar by Sondela Academy het ek so baie geleer. Nie net oor die werk nie, maar ek het ook as persoon gegroei en vriendskappe gebou wat vir ’n leeftyd sal hou.”

Elsje-Marie Bosch, beter bekend as Elsje, het tydens haar studies by Sondela Academy ’n passie vir die natuur- en wildbedryf ontwikkel.

Gedurende haar twee jaar by Sondela Academy het sy ’n wye reeks vaardighede aangeleer – van conservation werk tot hospitality. Sy het in Game Ranch Management gespesialiseer, en die kennis en praktiese ervaring wat sy daar opgedoen het, speel vandag ’n belangrike rol in haar loopbaan.

Vandag werk Elsje as ’n gids in die Wes-Kaap, waar sy daagliks haar liefde vir die natuur en die wildbedryf kan uitleef.

Vir Elsje was haar tyd by Sondela egter nie net oor studies en praktiese ervaring nie – dit was ook ’n tyd van persoonlike groei.

Sy is dankbaar vir die geleentheid wat sy gekry het en vir die rol wat Sondela Academy in haar ontwikkeling gespeel het.

“So al wat ek kan sê is dankie Sondela vir die geleentheid wat julle vir my gegee het.”

Elsje se storie wys hoe die kennis en ervaring wat studente by Sondela Academy opdoen, hulle kan voorberei vir ’n suksesvolle loopbaan in die natuur- en toerismebedryf.

Find out more!

Feel free to contact us for more information or book your spot at one of our Open Days to see the facilities and Nature Reserve.