From Then to Now | Student Success Story
“Sonder Sondela sou ek nooit my passie vir guiding gevind het nie.”
Julia Hay leef vandag haar droom uit as ’n permanente gids by Kariega Game Reserve in die Oos-Kaap. Haar passie vir guiding en die natuur het egter eers werklik vorm aangeneem nadat sy haar Site Guide kursus by Sondela Academy voltooi het.
Vir Julia was 2023 nie die maklikste jaar nie, maar dit was ook die jaar waarin sy haar passie vir guiding ontdek het.
Volgens haar het Sondela Academy ’n groot rol gespeel om haar in die regte rigting te stuur.
Die Site Guide kursus, en veral die begeleiding en ondersteuning van Themba, het haar geïnspireer en gehelp om haar liefde vir die veld en guiding verder te ontwikkel.
“Ek is baie dankbaar vir die Site Guide kursus wat Sondela aangebied het, veral saam met Themba. Hy het vreeslik gehelp om my passie te ignite.”
Vandag werk Julia permanent as ’n veldgids by Kariega Game Reserve, waar sy elke dag haar passie vir die natuur en wild met besoekers kan deel.
Sy geniet elke oomblik van haar werk en sê sy kon nie vir ’n beter beroep gevra het nie.

Find out more!
Feel free to contact us for more information or book your spot at one of our Open Days to see the facilities and Nature Reserve.

